Mnr. André Coetzee, ’n produkspesialis van Rovic Leers, sê hulle lê klem op membraan-distillasie, waar onsuiwerhede deur filtrasie uit die water verwyder word.

Tydens membraan-distillasie word water teen ’n hoë druk deur ’n filtreerstelsel geforseer. Dit lewer behandelde vars water met ’n lae sout-inhoud en skei ’n minimale volume pekelwater met ’n hoë soutvlak en onsuiwerhede uit.

Drie membraanprosesse word gebruik, naamlik elektrodialise, omgekeerde elektrodialise en omgekeerde osmose. Die filters in hierdie proses word stapsgewys al hoe fyner om toenemend kleiner onsuiwer deeltjies uit die water te verwyder totdat die omgekeerde proses van osmose deeltjies van so klein as 0,0001 mikron uit die water verwyder, waaronder soute.

Die laaste stap in die proses is om bakterieë deur middel van UV-behandeling uit die water te verwyder. Die minimum volume wat ekonomies in só ’n proses met ’n membraan van 25 mikron behandel kan word, is 15 000 liter per uur.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. André Coetzee, 082 330 3156, e-pos: andrec@rovicleers.co.za