Wat ’n fees was dit om Landbouweekblad se ’n Eeu op die Platteland tydsaam van agter na voor deur te lees.

Daar was soveel mooi herinneringe en bekende artikels, advertensies en voorblaaie.

Ek was skaars 3 jaar oud toe die man met die byebaard (bl. 210) op die voorblad gepronk het, maar ek onthou dit baie goed.

Op Swellendam (my grootworddorp) het die spanne perde en esels voor die wa ook altyd vir groot opwinding gesorg.

Dankie aan almal wat hard gewerk het om die blad saam te stel

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.