Die Koue Bokkeveld-opleidingsentrum en leerders wil borge soos Landbouweekblad hartlik bedank vir hul bydrae om ’n verskil te maak in die lewe van plaaskinders.

Altesaam 58 leerlinge, waaronder vier tienermentorleerlinge, het vanjaar ons senior kamp in September op Dennebos-kampterrein by Ceres bygewoon (foto). Al die leerlinge se ouers werk op plase in die Witzenberg-omgewing.

Die meeste leerlinge het aan ons geskryf dat die kamp jong mense met lewensvaardighede toerus sodat hulle ’n beter toekoms kan hê. Dit het hulle ook geleenthede gebied om te verander. Hulle het die kamp leersaam gevind en dit vreeslik geniet.

Weer eens baie dankie aan LBW wat kinders geborg het om die kamp te kon bywoon. Die bydrae het die finansiële druk verlig vir plase en ouers wat dit nie kan bekostig nie.