Soos in my geval op die ouderdom van 51 jaar, met my pa se afsterwe, vind ek uit dat familiegrond wat al geslagte lank aankom, van jou ontneem word. Grond wat bygekoop is, moet verdeel word. Dís die koue werklikheid wat jou vol in die gesig tref.
Jong boere, maak seker wat vir jou voorlê, en as dit moontlik is, kry dinge op skrif! In sekere families is dit noodsaaklik, anders gaan jy uitgebuit word. As dit nie gebeur nie, stel ek voor jy bekwaam jou in enige ander rigting en spaar jouself verdriet en hartseer.
Pa’s, ek pleit by julle: Wees openlik met jong manne wat plaas toe kom oor hul toekoms. Wees mans genoeg om te sê as jy net goedkoop arbeid soek, want dit is tog jou kind se toekoms waarmee jy speel.
Laastens, as daar wetgewing kon wees wat testamente verban, sou ek eerste daarvoor staan, want ooreenkomste moet oor hierdie sake bereik word vóór die dood intree. Dit is immers jy wat jare lank in die son, wind en weer moet deurbring om dit wat vir ons geleen is, deur God aan die volgende geslag oor te dra
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier