Die berig “Koop die OBK ’n kat in die sak?” (LBW, 21 Februarie 2020) oor die R566,5 miljoen wat vir grond van 547 hektaar buite Klerksdorp betaal is, het betrekking.

Ek wil net die volgende uitwys: Luidens die artikel word landbougrond in daardie omgewing teen sowat R20 000 per hektaar verkoop.

Miskien moet Landbouweekblad weer daarna kyk. Ek wonder of die boer andersins sy grond verniet weggegee sou gekry het, want dit lê naby Stilfontein en Klerksdorp, en diefstal is ’n groot probleem, veral vanweë die mynkampe in die omgewing

Ek kan nie anders as om te wonder wat die eienaar van die grond se betrokkenheid by dié petalje was nie.