Chris Burgess se redakteursbrief “Werk toe” (LBW, 14 Junie 2019) het betrekking.

Chris skryf soos volg: “Die laer paaiement wat ’n blote persentasiepuntverlaging in die rentekoers tot gevolg sal hê, sal ’n inspuiting van R36 miljard se vraag in die ekonomie teweeg bring, reken die ekonoom dr. Roelof Botha. ‘Hy (die monetêre beleidskomitee) het meer mag as die minister van finansies en sy besluite het dieselfde uitwerking as ’n belasting. Die komitee se besluite grens aan ekonomiese sabotasie en is ongelooflik onverskillig teenoor diegene wat werk probeer skep. Dit toon eenvoudig ’n totale wanbegrip van die ekonomiese werklikheid.’ ”

Daar kan niks verder van die waarheid verwyder wees as Botha se uitlatings oor ’n rentekoersverlaging en die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank nie. Ekonomiese groei word deur wins gedryf en nie deur rentekoersveranderings nie. Dit is die grootste enkele dwaling in die totale ekonomiese wetenskap. “Dit toon eenvoudig ’n totale wanbegrip van die ekonomiese werklikheid.”

Hy is egter korrek dat ’n persentasiepuntverlaging in die rentekoers ’n totaal weglaatbare klein inspuiting van R36 miljard se vraag in die ekonomie teweeg sal bring.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.