Ná Landbouweekblad se uiters suksesvolle grondberaad op Bela-Bela – wat as ’n keerpunt vir die plaaslike landboubedryf beskou word – word ’n soortgelyke simposium nou op Ceres aangebied. Tydens die Pals-grondsimposium, wat met die samewerking van Landbouweekblad aangebied word, gaan sowat 50 uitstekende sprekers hul ervaring en wenke vir suksesvolle grondhervormingsoplossings bespreek.
Boere se gewilligheid om grondhervorming te takel kan nie in twyfel getrek word nie, maar hulle weet nie altyd waar om te begin of hoe om so ’n projek te struktureer nie. Van die vrae wat dikwels gevra word, is: Hoe kies jy begunstigdes? Watter raad is daar met onderverdelings? Is daar geleenthede in die waardeketting? Hoe lyk die finansieringsopsies vir grondhervormingsprojekte?
Dit – en baie meer – sal tydens die simposium bespreek word. Praktiese antwoorde word verskaf (veral aan hand van die Witzenberg-PALS-model) sodat produsente met duidelikheid sal huis toe gaan oor wat dit behels om ’n grondhervormingsprojek aan te pak.
Talle suksesvolle projekte en rolmodelle in die bedryf word ook voorgehou tydens die simposium, met genoeg geleentheid om by hierdie boere en begunstigdes te gaan kers opsteek oor wat vir hulle gewerk het, en wat nie. Vir die tweede dag is verskeie plaasbesoeke gereël om hierdie projekte eerstehands te beleef.
Hoogtepunte op die program sluit in toesprake deur mnre. Hendrik du Toit, mede- uitvoerende hoof van Investec, Roelf Meyer van In Tranformation Initiative, Nick Serfontein van die Sernick-groep en Tommie van Zyl van ZZ2.
Die simposium vind by Kaleo-gasteplaas in die Koue Bokkeveld plaas. Bespreek jou plek aanlyn deur Quicket. Om die simposium, aandgeselligheid en plaasbesoeke by te woon, kos R1 200. As jy slegs die simposium en aandgeselligheid wil bywoon, kos dit R1 000. Etes, verversing en vervoer na die plase is by die kaartjiepryse ingesluit. Stuur e-pos na jacolette.kloppers@landbou.com vir nog inligting.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier