Benewens hittewaarneming en die individuele gesondheidsmonitering van koeie kan boere met die SenseHub-stelsel hul kudde se hele lewensiklus monitor. Die nuwe Young Stock- en Heifer-toepassings monitor die gesondheid van kalwers en stuur ’n kennisgewing oor wanneer die beste tyd is om die verse te insemineer.

Boere kan verskillende plaatjies en toepassingsvlakke saam gebruik, asook verskillende troppe op een slag monitor. Danksy die Young Stock-toepassing kan die gesondheid van pasgebore kalwers tot en met die ouderdom van ses maande gemonitor word. Die toepassing behels ’n klein, ligte eSenseFlex-oorplaatjie wat die kalf se gedrag waarneem vanaf die oomblik dat die plaatjie aangesit word.

Die eerste gesondheidsverslag word 24 uur daarna uitgestuur. Daarna kan die gesondheidsverslag soos benodig afgelaai word. Ontwikkelende gesondheidsprobleme kan waargeneem word voordat enige kliniese tekens sigbaar is. Kalwers kan ook van ’n afstand waargeneem word. Die SenseHub-stelsel met die Young Stock-toepassing is van vandeesmaand af beskikbaar.

Allflex SA bied ’n bekendstellingsafslag (tot einde Maart 2019) aan. Die aanbod behels afslag van meer as R60 500 op die aanvanklike koste van die infrastruktuur. Boere sal meestal net die eSense- of cSense-tag en die gekoppelde toepassingplan (Starter, Advanced of Premium) hoef aan te koop, terwyl die koste van die hardeware, soos die SenseHub-beheerder en bykomende SenseHub-antenna, asook kabels en installasiekoste deur Allflex SA gedra sal word.

PRYS: Op aanvraag. Allfex SA stel vir elke plaas ’n stelsel saam op grond van sy bestuursvereistes, topografie en uitleg.

NAVRAE: E-pos: info@allflexsa.com; tel. 021 854 8877.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.