Die onderneming se gespesialiseerde SlurrySucker het die slik uit die opgaardamme ver- wyder. Dit het nie net skoner water tot gevolg gehad het nie, maar ook die dam se inhoudsmaat verhoog.

Mnr. Ruaan Venter van Integrated Pump Rental sê dit was die eerste keer dat sy toerusting in die landbou benut word, teenoor die gebruiklike toepassing daarvan in die mynbou. Die SlurrySucker word op ’n vlot gemonteer wat heen en weer oor die breedte van die dam getrek word.

Die oppervlakwater word deur die toerusting gepomp, waarna die slik uit die dam verwyder word. Een van die voordele van die stelsel is dat die kleivoering van die dam nie beskadig word nie.

“Ons sien toe dat die pompe ’n gepaste afstand van die damvloer af werk,” sê Venter. Die pype en elektriese kabels dryf ook op die watervlak om skade aan die dam se vloer te voorkom. ’n Dam met ’n lengte van 80 m, ’n breedte van 25 m en ’n diepte van 2 m wat sowat 60% toegeslik is, kon binne ’n week opgeruim word. 

Navrae:
Mnr. Ruaan Venter, 011 894 2906; e-pos: admin@pumprental.co.za; web: www.pumprental.co.za. Prys: Op aanvraag.