Die reën is ongelukkig nog nie genoeg om die landboudroogte te beëindig nie, maar die blomme maak die wêreld mooi en lig die gemoedere, al is dit tydelik.

Die blomme bring ook ’n welkome instroming van toeriste en inkomste vir hotelle, gastehuise en eetplekke wat gedurende die Covid-19-inperking noodgedwonge hul deure tydelik moes sluit.

Plantkundiges en ekoloë beskou Namakwaland as ’n unieke winterreënwoestyn-ekostelsel. Dit huisves 3 800 plantspesies, waarvan amper ’n derde nét daar voorkom.

Namakwaland is deel van die Sukkulente Karoo-bioom, een van die wêreld se biodiversiteitsbrandpunte. Dié foto is op die plaas Brakkies by Kamieskroon geneem.

Sien ook bit.ly/3i6FlY7.