Netafim is die afgelope paar dekades in die kweekhuismark betrokke en brei nou sy aanbieding in die produksie en verskaffing van kweekhuise van topgehalte uit om in ’n toename in die vraag na die mees gevorderde boerderymetodes te voorsien.

Netafim se bedrywighede in Suider-Afrika word bedryf deur Vegtech Netafim, wat al meer as twee dekades kweekhuise in Suider-Afrika lewer.

Mnr. Barney Isralls, besturende direkteur van Vegtech Netafim, sê die verkryging van Gakon sal die maatskappy in staat stel om die Suider-Afrikaanse mark nog beter te bedien. “Gakon bied hoogsgespesialiseerde tegnologie en kundigheid in kweekhuisstelsels. Ons het reeds verskeie van sy stelsels in ons projekte geïnkorporeer. Hierdie tegnologie en kundigheid sal nou selfs meer toeganklik vir plaaslike kliënte wees.”

Die kombinering van Netafim se globale teenwoordigheid en kundigheid in presisieboerdery met Gakon se gevorderde kweekhuistegnologie sal volgens Isralls lei tot meer gevorderde kweekhuise wat hulle sal toelaat om wêreldwyd bedrywe soos bloubessies, dagga en groente te steun.