Die spuit is toegerus met ’n 12 V-battery en pomp, wat verseker dat die druk dieselfde bly en dat die oplossing deurgaans teen 12 liter per minuut uitgepomp word.

Mnr. Colin Scott, eienaar van QuadMaster, sê die QM-0437 word met ’n eenjaarwaarborg verkoop, mits die pomp op die voorgeskrewe manier gebruik word.

“Die rubberseëls kan nie ’n alkohol- oplossing van 95% weerstaan nie. Die pomp moet ná gebruik skoongemaak word om skade te keer.”

Die QM-0437 het ’n batterylaaier en vyf verskillende spuitkoppe. PRYS: R7 500. 

NAVRAE: Mnr. Colin Scott, 082 894 7712, 033 330 6247; e-pos: info@quadmaster.co.za