“Lusern is ’n besonderse gewas, maar jy moet jou storie ken om dit droog te kry. As jy hom te vroeg baal, vrot hy, en as jy hom te laat baal, val al sy blare af.

"As jy hom vinniger droog kan kry, sal jy ’n baal van beter gehalte kan produseer, want gewoonlik is die onderste lusern nog sopnat terwyl die boonste lusern al wil blare afgooi.”

Myburgh se oplossing is ’n tolhark met vingers wat die lusern in ’n windry omdraai sodat die onderste, nat lusern vinniger kan droog word.

“Ons bou harke wat wissel van een tol tot drie tolle, met ’n werkswydte van 4-7 m, na gelang van die wydte van ’n snymasjien.” Myburgh vervaardig al sedert 2013 doelgemaakte werktuie en span al die werktuie ook in sy eie boerdery in.

PRYS: Drie tolle: R24 725 

NAVRAE: Mnr. Jannie Myburgh, e-pos: mybtoer@gmail.com, 082 417 0175

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.