Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep en ’n welbekende beesboer, het verlede jaar wyd reaksie uitgelok nadat ’n ope brief wat hy aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf het, in Landbouweekbladverskyn het.

Serfontein het in dié brief die hel beskryf waardeur opkomende boere gaan, terwyl hy ook oplossings vir die land se grondhervormingsprobleme aangebied het. Tydens die Seil-Safari sal hy verduidelik waarom hy glo dat daar, ten spyte van verskeie probleme, nog hoop is vir Suid-Afrika se landboubedryf.

Volhoubaarheid en hoe om op ’n volhoubare wyse te boer is ’n gewilde onderwerp onder boere en kenners in die landboubedryf. Mnr. Phillip Venter, bemarkingsbestuurder vir plantvoeding by Laeveld Agrochem, gaan onder meer sy ondervinding met presisieboerdery-tegnologie en plantvoeding inspan tydens ’n voorlegging oor hoe om volhoubaar te boer.

Nuwe tegnologie en hoe boere dit tot hul voordeel kan gebruik, sal deur mnr. Christo Briedenhann, uitvoerende hoof van StratTech, bespreek word. StratTech konsentreer daarop om risiko’s te bestuur deur gebruik te maak van intelligente sekuriteitstegnologie. Briedenhann sal ’n aanbieding lewer oor die gebruik van sintetiese DNS, hommeltuie en optiese vesel vir veiligheid en die voorkoming van vee- en gewasdiefstal.

Die 2019 Seil-Safari vind van 1 tot 5 April plaas. Besoek https://seilsafari.co.za/ vir nog inligting en ’n volledige lys van die sprekers wat tydens die bootvaart gaan optree. 

Wen met Laeveld Agrochem!

Tien dubbelkajuite kan gewen word op Laeveld Agrochem se Landbou Seil-Safari aan boord van die MSC Musica. 100 afslagkoeponpryse ter waarde van R1 500 kan ook gewen word! Die volgende wenners is aangewys.

Hulle is:

Kajuit: Alet Theunissen en Janine Dinkelmann.

Afslagkoepon: Rita Scholtz, Annette Otto, Pieter Dietrichsen, Monica Esterhuizen, Roelof Bruwer, Anel Viljoen, Pieter Pienaar, Lulu Malan, Elzaan Coetzee, CM Groenewald, Annette Beukes, Louise Cordier, Nue Pitout, Johan Grobler, Soepa van Rooyen, Dewald Kruger, Nerina Steyn, Pieter Grobbelaar, Jaco Uys en Nicolene Heyns.

Om in te skryf, SMS die woord Seil saam met jou naam, van en adres asook jou plek se naam na 33677 of e-pos bespreek@seilsafari.co.za