Dit is voor belasting en uitbetalings ingevolge sy lojaliteitskema.

Volgens OVK se finansiële resultate vir 28 Februarie 2019 het die omvang van die maatskappy se sake die afgelope jaar R10,2 miljard beloop.

Mnr. Stefan Oberholzer, besturende direkteur, skryf dié prestasie ondanks die heersende moeilike landboutoestande toe aan OVK se diversifikasie: geografies én in die verskillende besigheidseenhede. “Die diversifikasie maak OVK een van die mees stabiele en kerngesonde landboubesighede in Suid-Afrika,” sê hy.

“OVK is trots daarop dat die meeste van sy aandeelhouers bona fide-landbouprodusente is en dat die getal aandeelhouers aan die einde van die 2019-boekjaar tot 12 287 toegeneem het.” Volgens Oberholzer maak OVK se aandeelhouers sowat 30% van Suid-Afrika se geraamde 36 000 kommersiële boere uit.

“OVK se aandeelprys styg deurlopend en dit word ondersteun deur ’n volgehoue winsgeskiedenis. Ten spyte van ’n baie moeilike jaar is meer as R75 miljoen in die verslagtydperk aan OVK se aandeelhouers deur middel van die lojaliteitskema en dividende uitbetaal,” sê hy.

Oberholzer het onderneem dat OVK sy klem op sy kernbedrywighede sal volhou en nuwe geleenthede sal ontgin.

Nog inligting is op https://www.ovk.co.za/Documents/ beskikbaar.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.