Die gebied om die wortels bevat gemeenskappe van mikro-organismes soos bakterieë en swamme wat ’n deurslaggewende rol speel in optimale plantegroei. 

Die organiese materiaal in landbougrond is oor die algemeen uitgeput, terwyl die diversiteit en aktiwiteit van mikro-organismes ook laag is.

Sommige funksies van voordelige mikrobes, soos dié in Bacstim®, sluit in: Die omskakeling van voedingstowwe in plantbeskikbare vorm;

  • Die vervoer van die voedingstowwe uit die grond;
  • Die verbeterde opname van voedingstowwe;
  • Beskerming teen plae en siektes; en
  • Die verbetering van die grondstruktuur. 

Hierdie prosesse kom natuurlik in die wortelsone voor, maar die voordeel word nie altyd verwesenlik nie weens lae hoeveelhede organiese materiaal, nie-volhoubare bestuurspraktyke en die oormatige gebruik van landbouchemikalieë.

Waarom Bacstim®?

Bacstim® bevat spesifieke rhizobiumbakterieë (Bacillus spp.) wat plantegroei bevorder deur die prosesse in die wortelsone aan te wakker.

Bacstim® is reeds by verskeie gewasse getoets met voordele soos:

  • Verbeterde plantegroei en wortelontwikkeling;
  • Verbeterde opname van voedingstowwe;
  • Beskerming teen plae en siektes; en
  • Verhoogde verdraagsaamheid van droogtestres.

Bogenoemde eienskappe toon alles merkwaardige voordele wat opbrengs betref. Kontak die Omnia-landboukundige in jou omgewing of besoek www.fertilizer.co.za.