Die verskillende koppelstukke is boonop duur en tydrowend om te installeer en te keer dat daar ’n lekplek in die pyp ontstaan. Inox Systems in Gauteng, wie se produkte nou in Suid-Afrika beskikbaar is, het egter ’n blink plan, naamlik ’n buigbare, geriffelde vlekvryestaalpyp (304L-graad) wat in standaard-rollengtes van 30 m en langer beskikbaar is.

Die tegnologie is in Japan ontwikkel, waar gewone pype eenvoudig nie al die aardbewings kan trotseer nie. Die pyp is roesvry en maklik om te installeer. Dit kan uiterste koue en hitte weerstaan (dit bars nie) en kan ook buitengewoon hoë druk in die pyp weerstaan.

Die pyp het ’n druktoets by 100 °C teen 1 000 kPa geslaag. Waar ’n koppeling wel nodig is, gebruik die pypwerk ’n PTFE- plastieklasring met ’n silikoon-O-ring wat versoenbaar is met standaard-pypskakels. Anders as koperpype is dié pyp lig en maklik om eenvoudig van ’n tol af te rol terwyl jy die pype lê.

Dit is beskikbaar in pypdiktes van 18 mm, 25 mm, 32 mm en 37 mm. Die pyptegnologie word deur Inox in Boksburg vervaardig, is SABS-goedgekeur en voldoen aan SANS 1689-standaarde.

Prys:

Van R32/m.

NAVRAE: E-pos: info@inox.co.za; webwerf: www.inox.co.za; sel 083 230 1072

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.