’n Nuwe reeks roesweerders wat bedoel is vir bewegende metaaldele, soos vuurwapens, bote, trekkers en gereedskap, is nou in Suid-Afrika beskikbaar. CorrosionX is ’n gevorrde en doeltreffende roeswerende middel wat ’n smeermiddel en penetreerolie kombineer.

CorrosionX vertraag nie net die oksidasieproses by metale nie, maar verwyder ook bestaande roes en verwering en bied langtermynbeskerming aan enige metaaloppervlak. CorrosionX beskik oor eienskappe wat dit veilig maak vir gebruik by elektriese toestelle.

Vir boere is CorrosionX baie nuttig, want die middel kan gebruik word by rusperbande, bat teryterminale, kragaftakkers, stuurmeganismes, werktuie se aansluitingsmeganismes, skakelaars, sekerings en katrolle.

Die middel is ook geskik vir gebruik by vuurwapens om die loop te beskerm en skoon te maak en ’n gladde werking van die sneller, slot en ander bewegende dele te verseker. Volgens die vervaardiger bied dit beter smering en beskerming as soortgelyke produkte met ’n teflon-basis.

PRYS: R296,70 (250 ml CorrosionX-roesverwyderaar), R287,50 (180 ml CorrosionX General) en R136,85 (50 ml CorrosionX General).

NAVRAE: Me. Blanche Batev, sel 083 657 7542; webwerf: www.corrosionx.co.za