Timeless Technologies se TT-No1-termiese kamera bied ’n boer die spreekwoordelike oë in die donker. Dit stel jou in staat om, sonder enige beligting, tot op 300 m duidelik te kan sien wat gebeur, selfs as iemand probeer wegkruip. Die TT-No1 is boonop klein genoeg om in jou broeksak te pas.

Die kamera se resolusie is vier keer hoër as dié van enige vergelykbare produkte. Dit is ontwerp om met een oog gebruik te word.

Die 2x-zoemfunksie vergroot die termiese beeld wanneer meer besonderhede nodig is. Dit stel jou in staat om selfs dieper in byvoorbeeld mis en digte bosse te kan sien as met ’n gewone nagsigkamera.

Die kamera het ’n herlaaibare battery.

Die kamera se ontwerp maak dit bestand teen reënwater en harde skokke, en dit is maklik om te gebruik. Hierdie kamerareeks bied ook opsies soos WiFi, die neem van foto’s en laser-afstandmeters.

PRYS: R15 525. 

NAVRAE: Mnr. Tinus Diedericks, e-pos: tinus@timetech.co.za; 083 381 0177