Ál die sintuie van jou aanvaller word met dié toestel geplettervat. Die omhulsel bevat ’n sirene, drie kragtige LED-ligte en ’n sterk pepersproeiformule. Die hoë-intensiteit-pepersproei kan veelvuldige skote tot op ’n afstand van 3 meter spuit. Die sirene het ’n hoë toon wat gevolg word deur ’n sirene met ’n harde skreegeluid.
Die drie LED-lampe dui veral in die donker vir jou presies aan waarheen die aanvaller mik. Só kan jy die pepersproei akkurater rig. Die sterk lig help ook om jou aanvaller vir ’n oomblik te verblind en te disoriënteer.
Die perperspoeihouer word deur middel van ’n Bluetooth-verbinding met ’n toepassing aan jou slimfoon gekoppel. Sodra jy die pepersproei gebruik, stuur dit ’n SMS-boodskap van jou ligging aan jou noodkontakte. Dit kan ook jou noodkontak via die toepassing bel in ’n noodgeval.
Plegium® in Swede ontwerp en vervaardig dié slim pepersproei. Dit word deur Smart Pepper Spray SA™ ingevoer.
PRYS: R950 (aflewering ingesluit).
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier