Sovereign, wat die vierde grootste pluimveeprodusent in die land is, het bekend gemaak dat hy daarom nou gereed maak om van die JSE te denoteer.

CapitalWorks het in Augustus vanjaar sy aanbod gemaak om Sovereign teen R12 per aandeel te koop, wat sowat 33% meer was as die pluimveeprodusent Country Bird Holdings (CBH) se aanbod verlede jaar. Sovereign-aandeelhouers wat byna 90% van aandele verteenwoordig, het CapitalWorks se aanbod goedgekeur.

Mnr. Chris Coombes, uitvoerende hoof van Sovereign, sê in 'n verklaring die tribunaal het beslis dit is onwaarskynlik dat die transaksie tot minder mededinging in die mark sal lei.

Sovereign sal na verwagting op 22 November gedenoteer word.

Coombes sê Sovereign se bedrywighede sal na verwagting op 'n soortgelyke manier as tot nou bestuur word. “Geen bedryfsverandering word verwag rakende die verskaffing van ons produkte aan verbruikers, asook geen veranderinge wat ons werknemers, belanghebbendes, verskaffers of plaaslike gemeenskappe sal raak nie.”