Dit is veral doeltreffend op poreuse, horisontale messelwerkoppervlakke, soos watertenks, waterkrippe of damme. Dit kan ook op gebreekte klipmure, klei- of messelaarsblokke, veselsement en lekkende storte aangewend word.

Sealit Multipurpose dring die holtes van die beton binne om ’n permanente buigbare, waterdigte membraan op die oppervlak te vorm. Dit kan aangewend word waar lekke mettertyd begin ontwikkel.

Klein lekkasies, wat moeilik sigbaar is, kan later tot groot probleme lei as dit nie betyds behandel word nie.

Die produk is stabiel onder UV-strale en bied langtermynbeskerming van meer as 10 jaar. Dit is ’n watergebaseerde verbinding, met weinig reuk, wat dit veilig maak vir die persoon wat dit aanwend. Dit is ook veilig om te gebruik in tenks waarin drinkwater opgegaar word.

Die membraan kan ook aan die buitekant van ’n struktuur aangewend word, maar dit werk die doeltreffendste wanneer dit aan die binnekant aangewend word.

PRYS: Vanaf R999.

NAVRAE: Aqua Plastech, 086 199 5036, web: aquaplastech.co.za