Op die agtergrond stap ’n kameelperd. Wanneer die water op die lusern en grond val en insekte soos sprinkane laat beweeg, is die voëls byderhand om ’n middagete in die krop te kry.

Dit is hoekom die voëls net agter die bewegende spilpunt aanstap. Ander wat reeds dik gevreet is, sit bo-op die spilpunt en rus.