Die damme word van 1 mm- gegalvaniseerde staal pleks van sinkplaat gemaak. Die struktuur is dus sterker. Staal met ’n dikte van 0,8 mm, 1,2 mm en 1,6 mm is ook beskikbaar. Danksy ’n beter ontwerp kan die dam ekstra gewig, soos ’n dak, dra. Dit is boonop meer windbestand as ’n geriffelde dam. Dié staalplate kan dubbel die druk weerstaan vergeleke met ander staaldamme.

Indien een van die plate beskadig word, is dit maklik om dit te vervang. Die damme is landwyd beskikbaar en word ook afgelewer. Die maatskappy installeer die damme self op plase. Die damme het ’n tienjaarwaarborg, maar kan 25 jaar en langer hou. Die vervoer en verskuiwing van die damme is betreklik maklik, want ál die dele pas op ’n enkelkajuitbakkie.

’n Waterpas oppervlak en genoeg water is ’n vereiste voor oprigting. Die damme is beskikbaar in groottes van 20 000 liter tot 1 miljoen liter. Die maatskappy verkoop ook voering vir sement- en gronddamme.

PRYS: Vanaf R13 200 vir ’n dam 20 000 liter. Bo 500 000 liter beloop die koste 14c per liter.

NAVRAE: E-pos: sales@steeldams.co.za; sel 082 811 4392.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.