Met die Britse Melkbemarkingsraad se nuwe Dairyfax-diens kan boere statistieke van bulle (onder die hofie bulkrag) op hul rekenaars oproep en daaruit die mees geskikte bul vir hul koeie soek.
Boere kan ook die nuwe diens gebruik om vertroulike produksie-, veeartseny- en plaasbestuurstatistieke uit die raad se sentrale rekords op te roep.
Dit word moontlik gemaak deur British Telecom se Prestel-kykdatadiens wat terminale in huise en kantore deur die openbare telefoonnetwerk aan groot rekenaars koppel.
Op die foto is mnr. Ray Hawkins met die rekenaar besig terwyl Victoria, Maydream en die res van die kudde bekommerd nader staan om te kyk watter bul die rekenaar vir hulle uitsoek.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier