Om jou vleis self te verouder, is egter nie so eenvoudig soos om dit in ’n sifhok op die solder te hang nie. Die humiditeit en temperatuur moet noukeurig bestuur word en die vleis moet steeds beskerm word teen allerlei bakterieë in die lug om die optimale produk te lewer.

Dry Ager Suid-Afrika se droogkaste kan gebruik word om vleis vir tuisgebruik te verouder of indien ’n boer ’n paar ton vleis per maand wil bemark. Hierdie droogkaste word van Duitsland af ingevoer.

Mnr. Chris Fourie, die eienaar, is beskikbaar om raad te gee en vrae te beantwoord. Die kleinste droogkas kan 20 kg vleis op ’n slag verouder, terwyl die grootste model ’n instapkas is wat tot 5 ton vleis kan hou.

PRYS: Op aanvraag. 

NAVRAE: Mnr. Chris Fourie, 064 684 9666, e-pos: chris@dryagersa.co.za; web: www.dryager.co.za