Die Fruitpack-verpakkings, wat van volledig herwinbare karton gemaak is, is die oplossing vir die gebruik van plastiek in die varsproduktebedryf, wat nie altyd herwinbaar is nie. Só sê mnr. Rob Beshay, die besturende direkteur van i-Procure.

In ’n onderhoud met Freshplaza sê Rob Fruitpack stel die kliënt in staat om handelsmerke, produk- inligting en kommunikasie op die verpakking aan te bring sonder om die herwinbaarheid daarvan in die gedrang te bring.

“Die produk word reeds suksesvol in Europa gebruik, veral vir sitrus. Ons het reeds talle raklewe-toetse gedoen. Die uitslag is baie gunstig en die kettingwinkels is opgewonde oor die produk.

“Daar sal altyd ’n plek vir nie-herwinbare plastiek in die waardeketting wees, maar met Fruitpack kan ons die volume plastiek wat tans in die waardeketting gebruik word, minstens halveer. Die Australiese mark moet egter ingelig word oor watter rigting ons moet inslaan.

Tans is daar baie oordrewe reklame in die media en verbruikers vind dit moeilik om die verskillende boodskappe te ontsyfer. Sodra dié probleem opgelos is, sal daar ’n beduidende en betekenisvolle verskuiwing plaasvind,” het Rob aan Freshplaza gesê.

Bron: https://goo.gl/EoHoyT

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.