Die ammunisie is gewone tafelsout wat in klein knippies uitskiet om die insekte sonder ’n morsery onskadelik te stel sodat die omgewing daarna maklik opgeruim kan word.

Die geweer is ook ideaal om te gebruik teen insekte op vensters, en is akkuraat tot sowat 1 meter.

Met een lading sout kan 80 skote afgevuur word.

Die wapen is heeltemal veilig indien dit soos enige ander wapen met die nodige agting gehanteer word. Die hanteerder moet seker maak hy skiet nie in die rigting van ’n mens se gesig of oë nie. Dit sal nie iemand se vel of meubels beskadig nie.

As die hanteerder die verspreiding van die soutkorrels wil waarneem, kan hy oefen deur na ’n vel tinfoelie te skiet.

Die Bug-a-Buster het ook ’n veiligheidsknip. Wanneer die knip ontsluit word, lig ’n korrelvisier op om te wys die wapen is gereed vir aksie.

PRYS: R1 000 

NAVRAE: Mnr. Jaques de Beer, 012 346 0882, e-pos: jaques@thesecuritysolution.co.za