Dit word aangebied met die samewerking van Landbouweekblad en Madumbi.

Ons gaan onder meer saam met dr. Brendon Neumann en Sheila Storey na die rol van verskillende grondorganismes kyk. Chloe Clegg, ’n suikerriet-en-groenteboer van KwaZulu-Natal gaan vertel hoe sy die opbrengs op die swakste grond op haar suikerrietplaas van 900 ha verdubbel het deur erdwurmkompos te gebruik. Sy vervaardig self hierdie kompos en maak ook erdwurmtee wat as grondbemesting en blaarvoeding gebruik word.

Kaartjies en inligting

Datum: Woensdag 27 Mei 2020

Tyd: 14:00-16:00

Plek: Dié geleentheid word aanlyn op die platform Crowdcast aangebied.

Koste: R50

Besprekings: Kaartjies is aanlyn op Quicket beskikbaar. Klik hier om 'n kaartjie te koop.

Borg: Madumbi

Vennote: Nemlab, Viking, Omnia

PROGRAM

(Sommige aanbiedings gaan in Afrikaans wees en sommige in Engels.)

13:50-14:00

Meld aan op Crowdcast 

14:00-14:05

Verwelkoming

Johan van der Merwe, Landbouweekblad

14:05-14:10

Terugvoering – proewe

Jaco Visser, Viking 

14:10-14:15

Terugvoering – grondmonsters

Charl van Reenen, Omnia

14:15-14:40

Vermi-kompos en kompostee: Die maak en gebruik daarvan op groot skaal op die plaas

Chloe Clegg, Claremont-boerdery, Harding, KwaZulu-Natal

14:40-15:00

Vrae uit die gehoor

15:00-15:15

Die waarde van mikrobes in die grond

Sheila Storey, Nemlab 

15:15-15:20

Vrae uit die gehoor

15:20-15:40

Die rol van trichoderma in grond en hoe om valskodlingmot biologies te bestry

Dr. Brendon Neumann, Madumbi

15:40-16:00

Vrae uit die gehoor en slotopmerkings

Johan van der Merwe, Landbouweekblad

Sprekers

Chloe Clegg

Nadat sy ’n graad in bewaringsekologie in 2012 behaal het, het Chloe Clegg, ’n tweedegenerasieboer, haar op die familieplaas, Claremont, tussen Kokstad en Port Shepstone in die suide van KwaZulu-Natal gevestig. Sedertdien het sy toesig gehou oor die veldgewasse en daarin geslaag om die opbrengs te verdubbel op die armste grond van hul suikerrietplantasies van 900 ha.

Tydens die droogte het sy daarin geslaag om hierdie opbrengs te behou deur basiese landboupraktyke toe te pas, en kompos, kompostee en ander biologiese insette te gebruik. Sedert 2012 het sy die boerdery gediversifiseer. Hulle verbou nou 2 ha soetrissies, 12 ha gewasse met essensiële olies en 28 ha makadamias. Chloe vervaardig en gebruik sedert 2013 haar eie vermi-kompos en kompostee. 

Brendon Neumann

Dr. Brendon Neumann staan aan die hoof van die Business Innovations-platform by Madumbi Sustainable Agriculture. Brendon het sy doktorsgraad in plantpatologie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf op grond van sy uitgebreide navorsingswerk oor die voordelige swam Trichoderma asperellum, wat bygedra het tot die ontwikkeling van die produk Eco-T®, wat nou grootskaals gebruik word.

Brendon het ’n spesiale belangstelling in mikrobiese en voedingsprodukte. Hy is ’n kundige op die gebied van grondgesondheid en geniet hoë agting in die landboubedryf vir sy kennis oor hoe om biologiese oplossings prakties toe te pas in ’n geïntegreerde benadering wat gerig is op die optimalisering van volhoubare voedselproduksie. 

Sheila Storey

Sheila Storey, ’n spesialis van wêreldgehalte op die gebied van grondlewe, plantprestasie en aalwurmbekamping, en eienaar van die Nemlab-grondgesondheidslaboratorium, is al meer as 30 jaar betrokke by navorsing oor grondgesondheid.

Vanweë haar volgehoue navorsing oor grondmikrobes, toewyding tot grondgesondheid en bereidwilligheid om haar kennis te deel, het produsente en konsultante landwyd ’n beter begrip van grondgesondheid en hoe hulle grondorganismes beter kan bestuur tot voordeel van hul boerderye. Sheila het in 2019 Hortgro se innovasie-prys ontvang vir haar jare lange tegniese en wetenskaplike bydrae tot die sagtevrugtebedryf. 

Charl van Reenen

Charl van Reenen is ’n gekwalifiseerde wingerdboukundige met ’n spesifieke belangstelling in grondgesondheid en die interaksie tussen plante en grond. Nadat hy elf jaar lank as wingerdboukundige by onder meer Ernie Els Wyne op Stellenbosch gewerk het, het hy hom sowat twee jaar gelede by Omnia aangesluit as landboukundige in die Wes-Kaap.

Jaco Visser

Jaco Visser is ’n gewasspesialis in die Citrusdal-omgewing in die Wes-Kaap. Hy is al ’n dekade lank gemoeid met die opbou van grondlewe en grondgesondheid met die doel om minder afhanklik van strawwe chemiese middels te wees sonder om winsgewendheid op die plaas in te boet.