Hoop vir landbou

Laat die natuur vir jou geld maak

Herlewingslandbou is boere se kostedoeltreffende wapen teen stygende insetkoste en klimaatsverandering, deur natuurlike prosesse weer optimaal te laat funskioneer. Landbouweekblad – saam met die Ottosdal-geenbewerkingsklub en Graan SA – bring wêreldbekende sprekers, kenners en van die beste Suid-Afrikaanse boere (wat al hulle skoolgeld betaal het) byeen vir ’n Suid-Afrikaanse konferensie oor herlewingslandbou, om so hoop te bring vir duisende boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is.

Kyk hier na 'n video van die 2018 konferensie op Reitz.

Hoogtepunte van 2019

·      Aanbiedings deur internasionale sprekers en plaaslike kenners;

·      ’n Boerepaneel met van Suid-Afrika se beste boere gaan hul lesse, uitdagings en suksesse deel;

·      Praktiese veldproewe en demonstrasies; en

·      Uitstallings deur verskeie landboumaatskappye.

·      Middagete en aandete op die eerste dag en verversings op albei dae is ingesluit.

Datum en plek

13 en 14 Maart 2019, Ottosdal-skouterrein, Noordwes.

Bespreek jou plek hier

Kaartjieverkope sluit op 5 Maart 2019. Geen kaartjies gaan by die hekke te koop wees nie.

Verblyf op Ottosdal

Bel Herman Kriel (083 776 7610) of Elsie Peens (083 584 2357).

Navrae

Stuur e-pos aan Jacolette Kloppers by jacolette.kloppers@landbou.com

Program

Klik hier vir die program. Die program sal aan alle kaartjiehouers gestuur word.

Die konferensie word geborg deur Standard Bank, Dekalb en Elim Kunsmis.