Hoop vir landbou

Laat die natuur vir jou geld maak

Herlewingslandbou is boere se kostedoeltreffende wapen teen stygende insetkoste en klimaatsverandering, deur natuurlike prosesse weer optimaal te laat funskioneer. Landbouweekblad – saam met die Riemland-studiegroep en Graan SA – bring wêreldbekende sprekers, kenners en van die beste Suid-Afrikaanse boere (wat al hulle skoolgeld betaal het) byeen vir ’n Suid-Afrikaanse konferensie oor herlewingslandbou, om so hoop te bring vir duisende boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is. 

Kyk hier ook na 'n video van 2018 se konferensie. 

Hoogtepunte vir 2019

·      Aanbiedings deur internasionale sprekers en plaaslike kenners;

·      ’n Boerepaneel met van Suid-Afrika se beste boere gaan hul lesse, uitdagings en suksesse deel;

·      Praktiese veldproewe en demonstrasies;

·      Uitstallings deur verskeie landboumaatskappye; en

·      ’n Aandgeselligheid met vermaak deur Adam Tas.

·      Alle etes en verversings is ingesluit.

Datum en plek

11 en 12 Maart 2019, Reitz-skouterrein, Oos-Vrystaat.

Bespreek jou plek hier

Kaartjieverkope sluit op 5 Maart 2019. Geen kaartjies gaan by die hekke te koop wees nie.

Verblyf op Reitz

Kontak Danie van Aswegen – danie@agrixtreme.co.za of 082 534 8372.

Navrae

Stuur e-pos aan Jacolette Kloppers by jacolette.kloppers@landbou.com

Program

Klik hier vir die program. Die program sal aan alle kaartjiehouers gestuur word.

Die konferensie word geborg deur Standard Bank, VKB, Dekalb en Elim Kunsmis. 

VKB
Standard Bank