Landbouweekblad – met die samewerking van die Soil Health Support Centre, Soil Health Solutions en Nemlab – bring internasionale sprekers, kenners en suksesvolle Suid-Afrikaanse boere byeen vir ’n vierde Kaapse konferensie oor herlewingslandbou en grondgesondheid, om só hoop te bring vir honderde boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is.

Internasionale sprekers

Dr. Jonathan Lundgren, ’n entomoloog en landbou-ekoloog, word beskou as een van Amerika se voorste landbouwetenskaplikes. Hy het in 2011 ’n eerbewys ontvang van oudpres. Barack Obama. Hy het 11 jaar lank as ’n landbouwetenskaplike vir Amerika se landbounavorsingdienste gewerk voordat hy die Blue Dasher Farm- navorsings-en-opleidingsinstituut gestig het. Sy navorsing is toegespits op die vestiging en behoud van gesonde biologiese gemeenskappe binne landboustelsels deur versteuring te verminder en diversiteit binne veral saaigebiede uit te bou. Hy gaan praat oor biodiversiteit en hoe dit plase kan laat herleef. 

Dale Strickler was eens op ’n tyd erg skepties oor die waarde van bewaringsbewerking, maar deesdae pas hy nie net bewaringsbewerking toe op sy plaas in die Amerikaanse deelstaat Kansas nie, maar ook ultrahoëdigtheidsbeweiding. In sy rol as nasionale tegniese bestuurder vir Green Cover Seed, die voorste dekgewasmaatskappy in Amerika, werk hy nou saam met boere om herlewingslandbou op plase te vestig. Sy boek, The Drought Resilient Farm, is ’n samevatting van die lesse wat hy oor die jare geleer het oor hoe herlewingslandbou boere se veerkragtigheid merkwaardig kan verbeter.

Inligting

  • Datum en plek: Dinsdag 24 Maart 2020, Lord Charles-hotel, Somerset-Wes.
  • Navrae: Jacolette Kloppers – e-pos: jacolette.kloppers@landbou.com; tel. 021 406 2594.
  • Program: Die volledige program is hierby aangeheg.
  • Uitstallings van diens- en produkverskaffers kan besigtig word.
  • Borge: Elim Fertilizer, Agricol, Atlantic Fertilizer en Rovic Leers.

Koste en kaartjies

  • Koste: R990 per persoon. Bespreek teen 5 Februarie en betaal R890!
  • BTW, middagete en verversings is ingesluit.
  • Besprekings: Koop kaartjies aanlyn.
  • Kaartjieverkope sluit op 2 Maart 2020.
  • Geen kaartjies is by die deur te koop nie.
  • Geen toegang sonder bewys van die Quicket-kaartjie nie. Alle kaartjies word by die hek geskandeer. Geen kaartjie, geen toegang.
Health Squared