Vanjaar se onderwerpe by die Jack Human BLWK-bewaringslandbouweek sluit praatjies in oor koolstof in die grond, grondgesondheid, die ekonomie van bewaringsboerdery, ’n groot sessie oor hoe boere minder stikstof kan gebruik deur wisselbou wat peulgewasse insluit, en aanlyn besigtiging van Wes-Kaapse departement van landbou se proewe.

Boonop kan mense wat die interessante praatjies deur kundiges en Wes-Kaapse boere misgeloop het, nog kaartjies bespreek op Quicket. Dié wat voorheen kaartjies gekoop het, kan verder kyk tot Woensdag 18 Augustus.

Om kaartjies te koop, besoek die skakel: https://qkt.io/NOUOSj.

Mense wat vasdraai, kan mnr. Clint Ockhuis by clint.ockhuis@media24.com kontak.