Kiss the ground is ’n dokumentêre rolprent wat herlewingslandbou bekend stel as ’n stel praktyke wat kan help om die uitwerking van klimaatsverandering te versag, waterbronne te beskerm en meer voedsel te produseer.
Die rolprentmakers hoop om kykers hoop te gee deur die gunstige uitwerking wat herlewingslandbou kan hê, pleks daarvan om hulle moedeloos, magteloos en bedruk te laat voel oor die uitwerking van klimaatsverandering.
Bekendes in die vermaaklikheidswêreld, soos Gisele Bündchen, Tom Brady en Patricia Arquette, maak hul verskyning in die rolprent, langs rocksterre van herlewingslandbou, soos Gabe Brown, Allan Savory, John D. Liu en Ray Archuleta.
Die film is gegrond op die boek met die ambisieuse titel, Kiss the Ground: How the food you eat can reverse climate change, heal your body & ultimately save our world, deur Josh Tickell, ’n avokadoboer en filmregisseur in die Amerikaanse deelstaat Kaliforni?.
’n Lokfilm kan hier gekyk word: kisstheground.com.
Bykomende inligting:
www.elledecor.com/life-culture/a31282524/earth-day-movie-kiss-the-ground/
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier