“Iets moes verander,” skryf mnr. Roberto Peiretti oor die transformasie van Argentynse landbou na eers geenbewerking, en toe voluit bewarings- en herlewingslandbou, in die vaktydskrif International Soil and Water Conservation Research.

Die eerste Argentynse geenbewerking-proewe het in die vroeë jare sewentig begin, maar dit het nog twintig jaar geneem om die praktyk algemeen te vestig.

Dit was in 'n tyd toe Amerikaanse boere geenbewerking nog maar net begin beproef het. 

Vandag plant amper alle Argentynse kontantgewas-saaiboere dekgewasse en doen geenbewerking. Dit het die norm geword. Die vraag daar is lankal nie meer hoekom nie, maar net hoe kan hierdie stelsel verbeter word. Hul boere het dekgewasse al na diensgewasse herdoop.

Mnr. Hendrik Jordaan, wat op 'n plaas buite Parys in die Noord-Vrystaat grootgeword het, woon al jare in hierdie land, praat die taal, en is een van die toer-organiseerders.

Hy sê Argentinië se boere het lankal besef daar is nie 'n standaardresep vir geenbewerking nie. En net soos Suid-Afrika, is Argentinië 'n ontwikkelende land met baie dele waar winsgewend saai net moontlik is as jy nie meer ploeg nie en dekgewasse plant om die grond herstelkans te gee.

Kom toer saam met Landbouweekblad en mnr. Danie Slabbert van die Riemland Studiegroep van 27 Mei tot 5 Junie na Argentinië.

 Die toer vertrek op Sondag 27 Mei en keer terug op Dinsdag 5 Junie. In die agt dae tussenin besoek ons onder meer boerderye en landbou-besighede in die omgewing van Buenos Aires, Rosario, Córdoba en Puerto Iguazú, onder meer die Rosario-graanbeurs, die Liniers-vleismark en die masjienvervaar­digingsgebied by Las Parejas

·        Die volledige program is hier beskikbaar, of kontak Hendrik Jordaan van Laurik International in Argentinië. E-pos: landbou@laurik.com.ar. Selfoon en WhatsApp: +5491 16 274 5888.