Die jaarlikse Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) Jack Human bewaringslandbouweek vind van 4 Augustus af op jou rekenaar plaas. Lesings sal vooraf opgeneem word en as jy ’n kaartjie op Quicket koop, het jy vir sewe dae toegang tot die lesings.

Die lesings word in ses sessies verdeel en handel oor koolstof en stikstof, ’n praktiese bespreking oor stikstofbestuur, lesings oor kanolasiektes, grondbiologie, die finansiële implikasies van bewaringsboerdery en dekgewasse in boorde en as weiding.

Vanjaar se opwindende sprekers en hul onderwerpe is:

  • Neil Ballard, Global Pasture Consultants, Wes-Australië: Hoekom (stikstof) koop as jy dit kan kweek?
  • Dr. Elmarie Kotze, Universiteit van die Vrystaat: Koolstof en die boer.
  • Mnre. Cobus Bester, CD du Toit, Roelie Steyn en dr. Johann Labuschagne: Gesprek oor hoe om stikstofbemesting in graan te bestuur.
  • Dr. Sarita Bennett , Curtin Universiteit, Wes-Australië: Kanolasiektes: ’n Inleiding tot Sclerotinia.
  • Dr. Charlene Janion, Universiteit van Kaapstad: Die rol van die diversiteit in die grond en diere om ‘n gesonde en veerkragtige grond te verseker.
  • Me. Amandrie Louw, M.Sc.-student, Universiteit Stellenbosch: Die dinamika van geleedpotige organismes binne jaarlikse wisselboustelsels in die Wes-Kaap.
  • Mnr. Casper Nell, Overberg Agri op Bredasdorp: Die finansiële implikasies van bewaringsboerdery.
  • Mnr. Matthew Addison, Hortgro Science en Universiteit Stellenbosch: Dekgewasse en boorde.
  • Mnr. Eric Louw, boer van Moorreesburg: My dekgewasbeweidingservaring.

Praktiese dag

Oudergewoonte sluit die konferensie ’n praktiese dag in en mense wat kaartjies gekoop het, kan video’s van die volgende proewe kyk:

  • Die Wes-Kaapse departement van landbou se herlewingslandbouproef: me. Lisa Smorenburg en dr. Johann Strauss van die direktoraat plantwetenskappe, Wes-Kaapse departement van landbou.
  • Die uitwerking van tipe materiaal op die grond en enkelskyf- vs dubbelskyfplanters op koring-, gars- en kanolaproduksie: Me. Nicola Kotze, MSc student, Universiteit Stellenbosch.
  • Wisselbou- en dekgewasnavorsing: dr. Johann Strauss en mnr. Rens Smit, me. Charné Viljoen van Universiteit Stellenbosch en mnr. Jaco Engelbrecht van Nelson Mandela Universiteit.
  • Die uitwerking van saaidigtheid en stikstofpeile op poeieragtige meeldou (witroes) in koring: Dr. Gert van Coller, Direktoraat Plantwetenskappe, Wes-Kaap.
  • Plantdigtheid en stikstoftoedieningspeile vir koringproduksie in die Swartland en Rûens: mnr. Karlo van Blerk en dr. Johann Labuschagne, van die Universiteit Stellenbosch en direktoraat plantwetenskappe, Wes-Kaapse departement van landbou.
  • Strategiese bewerking en bewaringslandbou: mnr. Flackson Tsuma, Universiteit Stellenbosch.

Kaartjies kos R120 per persoon. Sodra die kaartjie betaal is, word ‘n skakel aangestuur.

Om vir die konferensie te bespreek, besoek Quicket. Klik hier om die konferensieprogram af te laai.