Kenners beantwoord dié belangrike vrae tydens ’n velddag in die renosterveld op die plaas Klipfontein van mnr. MG Lötter, tussen Caledon en Villiersdorp.

Die Overberg-renosterveldbewaringstrust, wat die projek om waterlope te restoureer bestuur, bied die velddag saam met Landbouweekblad aan. Die WWF-SA Nedbank Green Trust finansier die projek.

Die velddag op Donderdag 12 Julie begin om 09:00 vir 09:30 en word om 13:00 afgesluit met middagete.

Onderwerpe en sprekers is:

·         Vuur as ’n ekologiese instrument in die bestuur van renosterveld: Mnr. Keir Lynch, bestuurder van die Overberg-renosterveldbewaringstrust se projek om waterlope te restoureer.

·         Restourasie-ekologie: Dr. Odette Curtis, direkteur van die Overberg-renosterveldbewaringstrust.

·         Die impak van bewaringsboerdery op gronderosie: Dr. Johann Strauss, wetenskaplike by die Wes-Kaapse departement van landbou.

Boere kan die dag gratis bywoon, maar moet asseblief by me. Sharon King van die Overberg-renosterveldbewaringstrust by sel 082 762 2787 of e-pos admin@overbergrenosterveld.org.za bespreek. 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.