Van 4 tot 6 Augustus kan boere en ander belangstellendes ’n lesingsdag aanlyn volg en praktiese dae op Langgewens en Grabouw bywoon. Vanjaar se tema is “Bewaringslandbou: waardetoevoeging deur ervaring en navorsing”.

Sprekers by die lesingsdag-webinaar wat deur BLWK, Landbouweekblad, die Wes-Kaapse departement van landbou en die Soil Health Support Centre aangebied word, is:

Mnr. Glen Rabenberg, grondkundige, boer en eienaar van Soil Health LCC in Suid-Dakota, Amerika: “Praktiese maniere om waterindringing en koolstofneerlegging in dro?landboerdery te bevorder.”

Dr. Angelo Loi, senior navorser by die Wes-Australiese departement van primêre bedrywe en streeksontwikkeling: “Moedig veranderingspraktyke aan in Mediterreense weidings- en kontantgewasstelselpraktyke.”

Mnr. Robert Harrison, navorsingsbeampte by Murdoch-universiteit, Wes-Australi?: “Noodsaaklike eienskappe vir peulgewasse wat vir bewaringsboerdery geskik is.”

Mnr. Jean-Pierre de Villiers, boer van die Keisievallei by Montagu: “Herlewingslandboubestuursbeginsels vir wingerde, boorde, skape en hoenders.”

Mnr. Matthew Addison, bestuurder van HortgroScience se gewasbeskermingsprogram: “Evaluasie van dekgewasse en deklae in appel- en peerboorde.”

Mnr. Fred Dupont, produksie- en volhoubaarheidstrategiebestuurder by die Fruit Farm-groep in Mpumalanga: “Doelwitte, vordering en probleme by die toepassing van herlewingslandboubeginsels in vrugteboerdery.”

Mnr. Wilhelm Joubert, Wingerdboukundige by die landgoed Hartenberg, Stellenbosch: “Hoekom en hoe begin ek met bewaringslandbou?”

Mnr. Ian Cunningham, hoof van produksie by Fine Farms, Elgin: “Die ekonomie van dekgewasse.”

Me. Karina Roodt, verantwoordelik vir grondgesondheidstoetse by die Soil Health Support Centre: “Hoe meet ek grondgesondheid?”

Prof. Stephanie Midgely, wetenskaplike oor klimaatsverandering en risikobepaling, Wes-Kaapse departement van landbou: “Die SmartAgri-plan: die toekoms en impak van omvattender toepassing.”

Die webinaar is op die platform Crowdcast beskikbaar, van Woensdag 4 Augustus om 09:00 tot Vrydag 20 Augustus om 23:00. 

Praktiese dae

Die eerste praktiese dag word op die Langgewens-navorsingsplaas in die Swartland opgeneem en op Donderdag 5 Augustus van 09:00-13:00 uitgesaai. Dié onderwerpe word bespreek:

  •       Insekte en wisselbou
  •       Die soek van erdwurms
  •       Praktiese inligting oor hoëdrukbeweiding met skape
  •       Peule en stikstofbinding
  •       Bespuiting met hommeltuie

 Die tweede praktiese dag word by Grabouw opgeneem en op Vrydag 6 Augustus van 09:00 tot 12:00 uitgesaai. Die onderwerp is dekgewasse in meerjarige gewasse.

 Net soos die webinaar sal albei praktiese dae tot 20 Augustus 2021 aanlyn vir kaartjiehouers beskikbaar wees.

Koop jou kaartjies

Kaartjies kos R120 (webinaar en albei praktiese dae) en R50 as jy by net een van die praktiese dae wil inskakel. Kaartjies vir studente kos R80 en is geldig vir die webinaar en albei praktiese dae.

Bespreek op Quicket by https://qkt.io/J0rfHw

Navrae: events@landbou.com

Borge: Atlantic Fertilisers, Piket Implemente, Rovic Leers, Barenbrug