Slabbert pas die afgelope drie jaar ’n ultrahoëdrukbeweidingstelsel toe. Hy benut natuurlike veld en lande met dekgewasse. Sy veld het groot verandering ondergaan en grondgesondheid het merkbaar verbeter.
“Kyk na hierdie grond,” sê Slabbert aan David McKenzie, CNN-verslaggewer, met sy hande vol van sy plaas se donker, klam grond. “Dit is wat ons soek. Dié grond is ’n natuurlike stelsel en doen die werk vir my.”
McKenzie sê in die insetsel dat diegene wat belang stel in klimaatsverandering, gerus na Slabbert se storie kan luister. “Mense sê deesdae dat vleis en beeste sleg is vir die natuur en sleg is vir die planeet. Is dit waar, is dit hoe jy dit sien?” vra hy aan Slabbert.
“Dit kan nie waar wees nie,” antwoord Slabbert. “Diere is deel van die natuur en die groter plan.”
Slabbert verduidelik hoe die Riemland, die streek in die Noordoos-Vrystaat waar hy boer, vroeër jare miljoene migrerende diere se bestemming was in die somer en dat sy weidingstelsel dit juis naboots.
Teen die einde van sy besoek was McKenzie so begeesterd dat hy die lewe in die Vrystaatse grond op Slabbert se plaas kon ruik. Kyk hier na die insetsel.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier