Die ywerige hoenderboer Mia Schabort (11, regs) het video's gemaak en vir telers gestuur oor hoe om 'n hoender vir 'n skou voor te berei, asook hoe om ordentlike foto's van hoenders te neem.

Sy en haar 7-jarige suster, Helena, hanteer hoenders baie rats. Hul oupa, Herkie Smit, is 'n ywerige teler - en die sussies se ma, Franci, sê die hele gesin is op die een of ander manier by hoenderteling en -skou betrokke.

Lees in LBW van 13 Augustus oor die Orpingtons se aanlyn sukses en kyk hier na Mia se raad.