Met deltametrien en piperonielbutoksied as aktiewe bestanddele is die onttrekkingsperiodes vir vleis 14 dae en vir melk 48 uur. Vir melkbeeste beveel dr. Johan van Rensburg van Afrivet Deltapor 5 (reg.no. G4252) aan. Met laer volumes van die aktiewe bestanddeel is Deltapor 5 geskik vir die bestryding van karooverlammings-, bontpoot- en rooipootbosluise by skape en bokke.

Dit maak ook suigende en bytende luise by beeste vrek, maar het geen onttrekkingsperiode ten opsigte van melk nie en ’n periode van net sewe dae by vleis.

“Ons het gevind bosluise is nie so ’n groot probleem by melkerye nie, maar vlieë is wel. Deltapor 5 is dus ideaal daarvoor,” sê Van Rensburg. Afrivet se opgietmiddel vir varke, Eraditick Pig Pour-On (reg.no. G4253), beloof om gou klaar te speel met skurftemyte en luise.

Dit is deel van die maatskappy se nuwe reeks Eraditick-produkte, waaronder Eraditick 125 (G3583) vir luise en myte by beeste, skape en bokke, Eraditick 250 (G4047) wat meer amitras bevat, Eraditic Cattle Pour-On (G4254), Eraditick Plus (G4251) vir beeste, en Eraditick Grease (G3667).

Die Eradiworm-ontwurmingsreeks sluit in Eradiworm + Tape (G4244), wat rondewurms en lintwurms by beeste, skape, bokke en volstruise bestry. Van Rensburg sê dié produk kan met speentyd gebruik word. Eradiworm 25 (G4249) is ’n gewone levamisool vir gebruik by beeste, skape, bokke en ook volstruise.

Van Rensburg sê Eradiworm Plus (G3411) is ’n goeie teenvoeter vir rondewurm, lewerslak by beeste, skape en bokke en ook vir neuswurm by skape en bokke. Eradiworm Consentrate (G4250) is ’n levamisool-konsentraat wat met water aangemaak word. Die plan is om in die toekoms ontwurmingsmiddels deel te maak van ’n groter bestuursprogram.

Pryse: Wissel vir verskillende produkte en verpakkings.

Navrae: Webwerf: www.afrivet.co.za, tel. 012 817 9060.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.