Junior kampioenkoei, Raigmore Doreen 34. Eienaar en vertoner: Mnr. Walter Finlayson (sel 082 772 6623), The Raigmore Ayrshire-stoetery, Somerset-Wes.
Reserwegrootkampioen- en kampioenvers, RFF Cherry Pie. Eienaar: Rhodes Ayrshire-stoetery. Van links is mnre. Henk de Weerdt en Bartie Volschenk en sy seun, Gabri.
Reserwekampioenvers, The Ridge Predators Doreen 2. Eienaar: Mnr. Edmund Els (sel 083 287 8042), The Ridge Ayrshire-stoetery, Hermanus. Van links is mnre. Attie Rhode, hanteerder, Herman Duvenhage, beoordelaar, en Nico Venter (Hollard).
Grootkampioen- en senior kampioenkoei, Tierwil Dimensions Abbigail. Van links is mnre. Andries Engelbrecht (Sealed Air), Rikus van Wyk (sel 084 422 2111), eienaar van Tierwil Jerseys, Porterville, Paul Meade, beoordelaar, en Theuns Bruwer, hanteerder.
Reserwe senior kampioen-koei, Tierwil Celebrity Ivy. Eienaar: CS Puttergill en Seuns (sel 083 651 8775), Puttergill Jerseys, Thornhill. Van links is mnre. Andries Engelbrecht, Paul Meade en Brett Puttergill.
Junior kampioenkoei, Tierwil Karbala’s Joy. Eienaar: Mnr. Rikus van Wyk. Van links is mnre. Herman Coetzee, hanteerder, Arno Cloete (FNB), Brian Cascadden, Herman Duvenhage en Paul Meade, beoordelaars.
By die grootkampioenkoei Tierwil Dimensions Abbigail is die span van Tierwil Jerseys wat as die algehele wenner op die suiwelskou bekroon is. Van links is mnre. Johannes Booyse, Michael Botha, Vana Farao, George Daniels, Rikus van Wyk en Theuns Bruwer.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.