Aktiewe, volwasse honde het ’n goeie proteïenbron nodig. Daarom bevat Optimizor Premium Adult Gravy Coated-hondekos 23% proteïene.

Die formulasie is die perfekte kombinasie van aminosure, omega 6-vetsure, antioksidante, 23 noodsaaklike vitamiene en minerale, en prebiotika. Die insluiting van hoëgehalte-pluimveemeel met optimale vlakke van proteïene verseker sterk spiere, terwyl rys help met verteerbaarheid.

Die Gravy Coated-korrels is bedek in souspoeier wat in ’n sappige ete omskep word deur net water by te voeg.

Die hele Optimizor-reeks is beskikbaar by uitgesoekte troeteldierwinkels en landboumaatskappye, soos NWK en BKB. Dit kan ook aanlyn bestel word by Takealot.com.

Kleinhandelpryse wissel na gelang van die spesifieke produk in die reeks en die verpakkingsgewig. 

PRYS: Vanaf R169 (7 kg Optimizor Premium met 23% proteïene, hoendervleis en rys). NAVRAE: 0860 103 764; web: www.optimizordogfood.co.za