Hy sê die ooi lewer soveel melk dat dit nog nie vir hom nodig was om vir die vyfling ekstra melk te gee nie – sy lewer eintlik meer as wat hulle kan drink.

“Sy het gedurende die hoogtepunt van haar vorige laktasie daagliks 9,6 liter melk gegee. Sy het gedurende haar twee vorige laktasies meer as 2 000 kg melk in 305 dae geproduseer.“Hierdie ooi het ook al baie skaap-hanslammers grootgemaak. Sy maak hulle groot asof hulle haar eie lammers is.”

Curlewis sê die ooi het natuurlik met die vyfling dragtig geraak. “Bokke is uiters vrugbaar. Drielinge is meer algemeen as enkellammers.”