Ndlovo is die seun van Olifant, die Boranbul wat gedurende die boerdery se eerste produksieveiling in 2015 vir R320 000 opgeveil is.

Mnr. Dylan Meintjes wat naby Krugersdorp boer, het ná die veiling aan Landbouweekblad gesê hy is baie gelukkig met die aankoop van Ndlovu, aangesien die bul oor topgenetika beskik. 

Olifant se gene is baie skaars omdat die oorspronklike moer van die lyn weens vergiftiging dood is, wat die genepoel beperk het. Meintjes het eintlik verwag om aansienlik meer vir Ndlovo te betaal, veral aangesien daar tydens die nasionale Boranveiling in Parys 'n bul vir R1,7 miljoen verkoop is. 

Hurwitz het  gesê dat hy baie tevrede is met die omset van rondom R7 miljoen.  Dit was veral opmerklik dat vroulike diere uitstekende pryse gehaal het, met onder meer 'n vers wat vir R290 000 verkoop is.  Dit dui daarop dat plaaslike boere in 'n opboufase met hulle kuddes is.