Dit word van 28 Augustus tot 7 September by die Afridome op Parys aangebied.

Volgens mnr. Jan Klopper, ondervoorsitter van die komitee wat die ras verteenwoordig terwyl die staat hul aansoek om die stigting van ’n telersgenootskap oorweeg, gaan mnr. Matteo Ridolfi van Italië as beoordelaar optree.

Dié Italiaanse beesras is bekend om sy sagmoedige reuse wat as die grootste beeste ter wêreld beskou word. Dit is reeds in Suid-Afrika as ras geregistreer. Daar is tans ongeveer 42 telers met sowat 700 Chianinas in die land. Van hulle gaan minstens agt telers met sowat 35 beeste aan die nasionale kampioenskappe deelneem. Nóg inskrywings word verwag.

Die idee is dat dié nuwe skou ’n grote vir veeboere moet word, soos in die dae van die Pretoriaskou en die Randse Paasskou. Minstens 20 vleis- en dubbeldoelrasse het reeds gesê hulle gaan deelneem, hetsy deur te skou of diere ten toon te stel.

Inskrywings sluit op 31 Julie. Elke rasgenootskap moet sy eie reëlings vir inskrywings en beoordeling tref en die ALE van die getalle verwittig.

Die aankoms van vee is vanaf 28 Augustus en die beoordeling vind van 2 September tot 6 September plaas. Aan die einde van die skou sal ’n groot interraskompetisie gehou word om die kampioen-van-kampioene uit die deelnemende rasse aan te wys.

Rig navrae oor die ALE aan die voorsitter van die skoureëlingskomitee, mnr. Stephan Coetzee (083 384 3675, coetzrand@gmail.com).

Afridome,
Die Afridome op Parys. Foto: Verskaf

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.