Dit skep ’n geleentheid vir enige lid van die publiek om te registreer en die kongres by te woon sonder om ’n kilometer te ry.

Die kongres word van 30 Junie tot 2 Julie gehou. Onderwerpe wat getakel gaan word, sluit in navorsing oor vordering in weiveldbestuur, veldherstel, voeding, planne met veldweiding in die kommunale gebiede, aangeplante weidings, weiding in droogtetoestande, wildboerdery, natuurbewaring en toerisme.

Melkboere behoort nader te skuif vir die sessie oor die veerkragtigheid en produktiwiteit van weidings in die toekoms. Navorsers van Trace and Save, die Outeniqua-navorsingsplaas van die Wes-Kaapse departement van landbou en die KwaZulu-Natalse departement van landbou en landelike ontwikkeling sal hul proefbevindinge weergee.

Die kongres gaan ook die aansoek om 2026 as die Jaar van Weiveld en Veeboere te laat verklaar, bespreek.

Dr. Debbie Jewitt, voorsitter van die vereniging, sê die sprekers gaan ’n skriftelike aanbieding en video-opname van hul lesings maak wat op die bestemde tye aangebied sal word, soos wat gewoonweg op ’n kongres gebeur.

Die sprekers sal aanlyn beskikbaar wees om vrae te beantwoord en aan paneelbesprekings deel te neem.

Deelnemers moet oor ’n stabiele internetverbinding beskik en kan op die webwerf https://2020gssa.dryfta.com/index.php bespreek.

Navrae: info@grassland.org.za