Mnr. Willie Jones, die eienaar, sê die verskil is dat dié werktuig hoendervoerkorrels van baie fyn produkte maak.

Intensiewe boerderye, soos die produksie van braaihoenders, verg goeie voeding om te verseker die hoenders groei vanaf kuikenstadium teen die beste moontlike tempo tot hulle gereed is om geslag te word. In dié bedryf beteken tyd geld, en hoe minder dae dit duur tot die hoender slaggereed is, hoe beter is dit vir die winssyfer.

Om hoëgehalte-braaihoendervoer te produseer, moet die voer met stoom behandel word. Dit verhoog die meel se temperatuur voordat dit by die voerkorrelmasjien se perskamer ingaan. Die stoom verhoog ook die meel se voginhoud om glutifisering moontlik te maak – dit is die proses om mieliemeel gaar te maak, byna soos mieliepap. Glutifisering veroorsaak dat die voerkorrels harder is, maar verbeter ook die rantsoen se opneembaarheid nadat dit verkorrel is.

Jones Masjiene gebruik ’n elektriese elektrodestoomketel om die stoom te voorsien. Die hoeveelheid stoom word na behoefte met ’n knoppie op die stoomketel verander. Die gebruiker weeg die grondstowwe vir die rantsoene outomaties met ’n rekenaar af.

Die werktuig meng dié afgeweegde grondstowwe vir die rantsoen en dan beweeg die mengsel na die voerkorrelkamer waar die voerkorrels gemaak word.

PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Mnr. Willie Jones, 083 627 6026.