Siestog, sal jy sê as jy Hermanus, die ystervarkie, met sy groot ore kon sien. Hermanus is gered en in die Zuri Orphanage buite Tsumeb versorg, grootgemaak en vrygelaat.

'n Veearts op Tsumeb in Namibië, dr. Erika de Jager, het Zuri Orphanage op sowat 800 ha grond buite dié dorp, begin.

Vanweë haar werk kry sy gedurig klein diertjies wat mense optel en vir haar bring om te red of te versorg. “My droom was nog altyd om te boer en ek is ongelooflik lief vir die veld, en daarom is Zuri begin.”

Dié “diereweeshuis” is nog in sy in sy babaskoene, maar sy wil dit graag eendag uitbrei, sê sy. “Zuri kos my 'n fortuin, maar ek wil dit graag met ander mense wil deel – nie almal kry 'n geleentheid om sulke babadiere van naby te kan sien nie. Sover as moontlik moet al die diere wat hier beland, weer vrygelaat word,” sê sy.

Een van die diertjies wat by haar beland het is 'n piepklein ystervarkie wat langs sy dooie ma opgetel en na Zuri geneem is. Die yservarkie is Hermanus gedoop en hy is pas op die plaas vrygelaat.

De Jager sê hulle kry meestal uile of kleiner voëls en soms arende om te versorg, maar die toevloei is aan die toeneem.

Besoek hul Facebook-blad: Zuri Orphanage

Foto hieronder: Hermanus geniet sy eerste tree na die "buitewêreld".

Hermanus-2