Dié vul is deur die Drakenstein-stoetery as agent op die veiling aangebied. Hy is aan mnr. Nicholas Jonsson verkoop. Jonsson is ook die eienaar van Do It Again wat verlede jaar die Vodacom Durban July gewen het. Verlede jaar het ’n merrievul van die Klawervlei-stoetery die hoogste bod van R4 miljoen behaal.

Die veiling is vanjaar vir die tiende keer aangebied. Daar het 27 stoeterye deelgeneem en sowat 230 vullens het onder die hamer gekom.

eenjaarvulveiling
Dié naamlose merrievul van Klawervlei-stoetery is vir R300 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
Key Bluff, ’n hingsvul van Ridgemont Highlands-stoetery, is vir R575 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
Hierdie naamlose merrievul van die Klawervlei-stoetery is vir R300 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
Live My Life, ’n merrievul van die Avontuur Thoroughbred-stoetery, is die eerste vul wat ’n bod van R1 miljoen gehaal het. Sy is vir R1,1 miljoen verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
The Dewsweeper, ’n hingsvul van die Drakenstein-stoetery, is vir R900 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
Love Is Blind, ’n merrievul van die Maine Chance Farms-stoetery, is vir R125 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy
eenjaarvulveiling
Call It Fate, ’n merrievul van die Avontuur Thoroughbred-stoetery, is vir R250 000 verkoop. Foto: Michelle van der Spuy

Ander vullens wat vir meer as R1 miljoen verkoop is, is Live My Life, ’n merrievul van Avontuur Thoroughbred-stoetery wat vir R1,1 miljoen verkoop is, All That Jazz, nog ’n merrievul van Avontuur Thoroughbred-stoetery wat vir R1,650 miljoen verkoop is, ’n naamlose hingsvul wat deur Ridgemont Highlands as agent aangebied is en vir R2,2 miljoen verkoop is, en nog ’n naamlose hingsvul wat deur die Klawervlei-stoetery as agent aangebied is en vir R2,2 miljoen verkoop is.